Donderdag is toe Dinsdag.

05 Maart 2019.

Ek wil skryf in Afrikaans. Vi wie? Wie gaan lees? Vi hoekom? Vi wat?

Ek weet nie. Ek wil net. En dis genoeg vir my.

Dis eintlik interessant vir my. Ek skryf baie makliker in Engels as in Afrikaans. Voertaal. Moedertaal. Watse Afrikaans nou eintlik? Gee ek dan om? My Afrikaans.

Ek het op ‘n tyd ‘n t–shirt besit met die woorde: Praat Afrikaans of hou jou b@#
Studentedinge.
Ek het daai tyd gedink dis fun en funny om sulke dinge te dink, sê en dra. Dit issie. Dit sluit mense uit. Ek verkies om mense in te sluit. Mens verander. Mens groei. Mens mature.

Hoekom is Donderdag Dinsdag? Ek wou in Afrikaans skryf op Donderdae … traffic on site / verkeer op blad. Dis hoe vinnig ek in Engels dink.

Om in Afrikaans te skryf gaan my forseer om meer te Afrikaans. #nojudgement LMK! Ek Engels te maklik. Dis tyd om dit te verander. Om dit ten minste te balanseer. Hoe? Skryf in Afrikaans. Lees in Afrikaans. Praat Afrikaans.

Ten minste een keer per week sal hier ‘n ietsie in my moedertaal verskyn tot my verjaarsdag in Junie 2019. (af en toe sal ‘n Engelse woord ‘n druppeltjie wees)

Lees dit. Laat hoor van jou. Hoop ek.

Hou my verantwoordbaar.

En.

Laat dit juig!

8 thoughts on “Donderdag is toe Dinsdag.

  1. As an English-speaker, I experienced it in reverse several years ago… found myself thinking in Afrikaans and translating to English as I lectured. What a gift to have two languages.
    I am now in a place where Afrikaans is not used much – and I read almost none.
    So thank you – for valuing your language and for allowing me to rebuild mine.

    Like

  2. Nou hoe maak ek nou met my eie Afrikaans, wat nie in staat is om enige konsep oor te dra nie? Die woorde wil nie vloei nie

    Like

      1. Dis juis daardie skryf ding wat ek nou probeer toets. En ook fotografie. En ook die dieptes van my siel trotseer.

        Like

Leave a comment