Naggeluide

Hoekom lê ek wakker? Hoekom dink ek aan jou? Ek hoor ook al die nag se geluide wat snoesig om my vou.

Honde wat blaf. Mense wat loop in die pad en plek-plek kliphard gesels. Skreënde bande … waantoe? Sallie wietie. Ma dit maak my boos as daai wiele so skree en enjins so ref want wil hulle dan nie slaap nie en weet hulle nie hulle hou mens wakker nie?

Ek hoor die buurman ook sommige aande snork. Klip hard. Ou oom.

Snorkery laat my bietjie glimlag, miskien bietjie meer as glimlag. Almal in ons huis snork. Vetpret was dit om in die middel van die nag wakker te word en die koor van snorkers is besig met hulle koorkomposisie. Elkeen met sy eie vibrasie en toonhoogte en so af en toe ‘n blaas by. Ek was natuurlik die sopraan in die huis – fyn, irriterende snorkies (sê my een broer – hy saag boombalke van 100 jare oud).

Elkeen het sy plekke in die perkussie ensemble. Ritmiese meesleurende vloei van my Pa, mt Ma en my twee broers. Ek was nie bevoorreg genoeg om ons al vyf in aksie te hoor nie. 🙂 Behoort interessant te wees.

Ek wonder of paartjies se snorkpatrone en / of blaasritmes ook sinkroniseer? My ouers het so saak aan die gang. Ek vind dit nogal meesleurend om daarna te luister. Ou klanke wat my ken voor ek hulle leer ken het. Gerusstellend. Fassinerend.

Ek wonder of ek ooit daai voorreg sal beleef. Die vlak van eenheid. Daar pop jy alweer in my kop op. Herinneringe is lekker dinge, veral die mooies wat ek kies om myself in toe te vou. Êrens blaf ‘n hond of vyf.

Ek hoor ‘n gesnork … dit klink naby. Tot binne in my siel. Dis regtig so ‘n basiese geluid wat mens versteur want dit vibreer. Die liggaam se aksies, die liggaam se reaksies.

Ek onthou sommer ook hoe gesinchroniseerd my Oupa en Ouma se slaapklanke en ander naggeluide was. Hulle was oulik. ‘n Voorbeeld. Die voorbeeld.

Êrens skree ‘n kat … baklei seker? Hmm …

Miskien moet ek eerder gaan slaap. My fyn irriterende snorkies het sekerlik ook ‘n plek in die nagtelike simfonie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s