Slykdam

(‘sludge pond’)

Ek het gisteraand ‘n boodskap aan ‘n pel getik en die woord slykdam gebruik. Ek weet nie wanneer laas ek die woord gebruik het nie, maar op daai oomblik voel dit toe so toepaslik.

Dis die eerste keer dat ek eintlik daaraan dink dat die afgelope paar jaar gevoel het soos ‘n swemsessie in ‘n slykdam van alge en modder. Dit sukkel en my ledemate kry swaar met die swemslag. En daar sit altyd goete aan my vas wat die moeilik maak om lekker te swem.

Ongeag van die prentjie en waardeur ek gegaan het moet ek bysê dat ek die uitdrukking en die woord sommer baie ‘like’.

Dis soos ‘n gevoelente wat reg sit in die beskrywing van my emosionele ervarings van die afgelope paar jaar. Kop bo water ma die ‘struggle is real’!

Sjoe.

Ek is dan nou skoons stil van denke.

Die druppels drup nog hier buite. Ek voel van dag beter. Ek swem makliker. Ek dink die dam word skoner. Op ‘n manier het ek my stem begin terugvind. Dankbaar.

Ek hou van wie ek nou is. Ek strompel nog so hier en daar. En hou van wie ek word. Ek weet wie ek wil wees. Ek groei. En ek geniet dit, al staan ek in die middel van ‘n vuur en dit wat ek wil hê word afgebrand of in die oog van ‘n storm waar dit wat moet weg meegesleur word. Die proses is belangrik.

En hier waar ek staan is ek in vir die beleef-saak. Beleef dit! En leer!

Daar is lig aan die einde van die tonnel.

Die slykdam is nie so erg nie … die lesse wat geleer moet word, word geleer.

Lyster
die
lesse.

Ek dink nog.
Die proses is nog aan die gang.
En in die woorde van Dory uit Finding Nemo: “Just keep swimming.”

Image by Free-Photos from Pixabay

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s