Mense … daar’s ‘n saak wat ek van my Ouma geëerf het.
Beet.
Tuis opgekookte rooi bete.
Wanneer ek hulle eet grom my maag soos ‘n pot oats pap aan’t koke.
Dis ‘n saak!
‘n Onheilspellende gegrom van formaat!
My lockdown tjommie lag ammeka en sê net ‘good luck’.
‘Good luck’ vi wat?
Grom … grom … grommel … grom …
Dis al wat ek hoor hier diep innie nag …
Ma dis ook net waarskuwings … niks aksie nie.
Mcxm!
Nes sommige mense wat ek ken.
Blaf, ma niks byt nie!
Ma miskien moet ek nie te vroeg praat nie …
Netou raak dit ‘n hardloop saak!
LMK!
Eish …

So ‘n lekker sagte stukkie beet
Rooi beet om te eet
Kry mos die maag beet
Jy weet
LikeLiked by 1 person
HA HA HAAAAA!!!
LikeLike
🙊🤣
LikeLike