gehegtheid

Iemand baie na aan my het jare terug vir my gesê ek is te emosioneel. Ek belê te veel in mense, veral as ek regtig van iemand hou of in ‘n verhouding is. Ek was nogal ‘taken aback’ deur die stelling. Nie omdat ek ‘te veel’ nie … meer omdat ek alles of niks verkies.

Ma nou raak ek moeg. En dit lyk ek lees deesdae die sake verkeerd. Belê te veel en te min word in my belê. Hmm … tyd om terug te staan en die saak te bekyk uit ‘n ander oogpunt …

Daar’s vermisting in my wese. Ek voel ‘useful’ en ‘useless’. Asof dit wat ek veronderstel is om te doen, ek nie doen nie. Die dinge waarmee my siel aanmekaar gevleg is. Die gaping is groot. Die vrae raak meer. Wanneer? Hoekom? Waar?

Sugwaardig. Vandag. Oppela.

Ek was op ‘n tyd baie geheg aan my werk. Dit was van my weggeskeur. Die heling het lank geneem. Die lesse was seer. Dit was deel van my identiteit. Dit moes nie wees nie.

Miskien heg ek myself te vinnig aan mense van wie ek hou en werk waar my siel floreer en groei. Miskien moet ek nie so alles nie. Miskien moet ek eerder minder.

Miskien …

Ek wetie …

Ek weet net daar is ‘n vermisting van gehegtheid …

Ek voel kaalgestroop … soos ‘n bladwisselende boom in winter.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s