Iets het verskuif. Ek weet nie wanneer nie, ek weet nie hoe of hoekom nie en ek weet ook nie presies wat nie, maar iets is anders.
Iets het geëindig en ‘n nuwe iets het begin. Vaag.
Iets het gesterf en iets anders is gebore.
Êrens is daar hartseer en daar is ook verligting. ‘n Blomtuin.
Ek wil eintlik skree. Huil. Lag. Dans. Sing. Diep diep diep asem haal.
Ek wil weggaan. Verdwyn miskien so bietjie. En ander dag weer terugkom.
Dis alweer ‘n oorgangstydperk.
Totsiens.
Hello.
Maar wag … laat my eers nog bietjie treur en diep teue inneem. Laat my longe die ou lug nog so bietjie intrek … virrie laastes. Stadig. Die bekende.
Blaas stadig uit. Maak plek vir die nuwe, die onbekende. Een dag op ‘n slag.
Nuwe hoofstuk, nuwe notaboek, gunsteling pen. Lekker.
Die hartseer is noggie weg nie, maar met tyd …
Heimwee.
