4:44 VM: Minder

My kop is baie besig. Klomp goete gaan aan op dieselle tyd. Ek is meeste van die tyd nie bewus van die meeste van die flitskonneksies wat gebeur nie. My kop kompartementaliseer nie. Alles affekteer alles. En volgens my kop moet dit net so wees.

Nie dat ek dit altyd so uitleef nie …

Ma dit moet so wees.

Te midde die ‘lockdown’ / grendeltydperk het mens ook dan nou baie dinktyd. Nie altyd die beste ding nie, maar dit hang sekerlik ook af hoe mens dit benader.

Toe die saak afskop het ek gedoen wat ek baie keer doen. Gedink aan alles wat gedoen moet word en in plek gesit moet word. Maskers, Dettol, seep, handontsmettingsmiddel (ek moes dit gaan opsoek), vitamien C bruistablette vir ouers en oom en myself en my ‘lockdown buddy’, ens. Ek raak nie sommer paniekbevange nie, ek fokus gewoonlik eers op wat moet gebeur en wat reggemaak moet word en voorberei moet word en dan … en dan laaaaaaater skop die geite in. Onnerliggend. Diep onnerliggend.

Ek is moeg. Moeg van dink namens ander mense. Moeg van dink vir mense. Moeg van maskers en ontsmettingsmiddels en alles wat ekstra is. Moeg van al die ‘calculations‘ in my kop oor hoe ek dinge gaan laat gebeur sodat mense in my lewe nie onnodig blootgestel moet word nie. My broers het gesê ek ry te veel rond. Hulle werk albei. Ek is werkloos. Ek kuier nie, ek doen goed vir mense in my lewe wat nie moet of kan uit nie, of vir wie ek gesê het moenie. Die moegheid was onvermydelik. Pandemie. Wie het dit nou ooit gedink???

Wag net eers …
ek is nie moeg van doen wat ek doen nie.
Ook nie vir wie ek dit doen nie.
Ek is ma net moeg.
Ek moet ma net bietjie rus.

In die proses dink ek toe ook aan die pandemie en die lesse wat ek leer gedurende die tyd. En dit lei my toe na minimalisering. En waar begin ek? Facebook minus +/-300. Delete. Ek voel reeds ligter. Ek het eintlik in Januarie al begin. Klere en skoene weggegee. En handdoeke en ander beddegoed. Wanneer die glase uit die stoor gehaal word sal dit ook weggegee word. Onnodige goed wat ek rondsleep.

Die proses van bande sny met goete het begin met bande sny met mense. Dit was nie lekker nie, maar dit moes gebeur. Ek wou ook hê dat sekere bande gesny moet word. Vind jou ‘people’ / My Mense / My Tribe. Mense wat omgee en mense wat (wil) verstaan. Mense wat jou kies. Mense wat in kontak bly op ‘n manier. Saam met wie jy ‘n pad loop.

My vriendekring het baie verklein oor die afgelope paar jaar. Dit het ook baie ryker geword. Dit raak eenvoudiger. Ek maak nie sommer meer gou vrinne nie. Daar was hier en daar ‘n probeerslag. Ongeslaagd. Dis interessant. Daar is wel mense wat in die afgelope 4 jaar in my lewe beland het met wie ek regtig nog tyd wil spandeer. Jonger mense … wat tyd maak om in te check al is hulle in ander provinsies en lande. Ek hoop dit gebeur.

Ek mis my mense. Die nabystes. Die binnekring. Hulle wat my ken. By wie ek ek kan wees. Daar is min van hulle. Hulle is ver van my af. Niks soos ‘n pandemie om jou te laat besef waar jou hart lê en waar jou huis is nie. ‘n Plek waar ek net kan wees.

Maak minder. Vereenvoudig. Minimaliseer.

Woorde … sjoe. Ek het nou reeds klomp geskryf. Soms praat ek te veel – nog steeds op die se ouderdom. G’n mens! Dis soos ‘n fontein wat oorborrel. Nie altyd tot my voordeel nie. Minder van dit ook.

Stilte.
Die minste woorde.
Stilte.
Haal asem.
Stilte.

Die nee se oorspronklike seer is dit werd.
Die stilte is nodig.
Die vermisting sal ophou.

Minder klere. Minder skoene. Minder woorde.
Minder tjommies. Minder funksies. Minder drama.
Meer tyd.

Ek verlang nog steeds.

Image by Ryan Morrison from Pixabay

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s