4:44 VM: Meisiepop

Sy verjaar vandag. ‘n Hele 8. ‘n Feestelik vreugde van sagtheid en vasberadenheid.

Sy trippel saggies orals waar sy gaan en hou van ‘n poets bak hier en daar. Soettand van formaat en liefde wat oorloop uit elke sel en wand. Sy kry so vinnig seer en hou almal heeltyd dop. Sien alles. Weet alles. Vroegslapertjie.

Sy weet wat sy wil hê.

Daar’s so baie wat ek kan sê van hierdie kleine blommetjie, maar vir nou gaan ek haar nog naby my hou terwyl sy nog bereid is om naby my te kom. Tannie voorregte. Een van die dae is dit tienergeite en dan moet mens op eiers loop. LMK!

Net liefde vir hierdie engelkind. Sy het baie vrae en ‘n groot omgeehart. Sy hou van lekker lag en ‘n goeie storie. Sy beveel aan wat ek moet kyk. Haar vrymoedigheid is bewonderenswaardig. Sy is lief vir mense en diere. Of sy skaam is of nie. Of sy met hulle praat of nie. Dis vir haar lekker om nuwe mense te leer ken. Sy het die meeste vrae oor my vriende wat sy sien / ontmoet / van hoor (waar was jy, Hikka?) en hulle kinders as hulle het. Sy hou van fynmooi goetertjies.

Meisiepop.
Jy moet lekker verjaar.
Ek wil hê jy moet weet ek sal jou altyd beskerm en altyd daar wees vir jou.
Altyd.

Baie liefde,
Hikka

‘Ek het nog nooit ‘n wit protea gesien nie, Hikka!’
Photo cred: karisMatiek

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s