4:44 VM: Die Mag van die Gewoonte

Ek het nooit gedink aan die gewig van hierdie sin tot nou nie. Noudat ek my gewoontes analiseer en probeer vasstel waar die slegtes vandaan kom en hoe die goeies dit reggekry het om te bly?

Ek het slegte gewoontes aangekweek en myself in die proses keer op keer teleurgestel.

En hoe?

Die trant van baie van my skrywes was nogal redelik bleh, of hoe? Dis hoe die gevoelente loop as mens teleurgestel is in jouself.

Die afgelope Maandag het ek in gesprek met ander gepraat oor vergifnis. En heel paar van ons het saamgestem dat dit some baie makliker is om ander te vergewe as onsself. Ek het nog tot laat Maandagaand daaroor gedink. Ek kasty myself darem nie meer daaroor nie … dinge van die verlede. Soos baie ander is ek harder op myself as wat iemand anders ooit kan wees. So ja, laat daardie skip asb net seil. Daar is nie nou tyd vir kastyding nie.

Die vraag wat opgekom het was, hoekom sukkel ek so om myself te vergewe. Ek beweeg aan met ander se ‘oortredings’, maar my eie dinge haal ek keer op keer op en slaan myself oor die kop herhalend. Interessant. Diepdelwery.

Wat ek wel weet is ek het reeds ‘n pad geloop met myself. Dit was ‘n stryd, is steeds. Êrens op ‘n kol was daar ‘n plek waar ek begin glo het dat ek dit nie verdien nie. Hmmm …

Vorentoe. Grendeltydperke laat my ontslae raak van dinge wat lankal moes gaan. Klere, skoene, boeke, papiere, gedagtes, onsigbare baggasie, kettings, mure, ensovoorts. Veral die afgelope week … aansienlik ligter. Ek beweeg nader aan ‘n kopspasie en spasie waar ek vrede voel. Te veel dinge om my. Te veel dinge in my kop. Onnodig.

Een van my pelle het my sopas herinner aan ‘n iemand wat ek afgeskud het. Dit het ek vinnig gedoen, maar in die terugblik was die tyd ook te lank. Nou het ek ‘n klein letseltjie waar daar nooit ‘n skrapie moes wees nie.

Vandag is ‘n nuwe dag. ‘n Ligter dag. Ek kon herinner word en lekker lag. En aanbeweeg. Beweeg na beter balans en vrede te midde van alles wat gebeur, gebeur het en nog gaan gebeur. Kyk na die mooi. Daar is soveel daarvan. Ons kyk dit mis want ons lense word gefokus op die lelik, die hartseer, sensasie. Die mooi is meesal baie stil … soos ‘n fluistering.

Laat my hart fokus op wat mooi is.

Vrede.

Image by klimkin from Pixabay

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s