4:44VM: Mooi woorde

Lanklaas bietjie Afrikaans laat val op die blaaie … maar toe ek hieraan dink besef ek dis iets wat ek in Afrikaans voel en moet skryf. Want dis my hart se taal. Die taal van my fondamente. Die taal van my denkpatrone se boublokke.

Dis Dinsdag, 01 Desember 2020.
Dit klink soos ‘n formidabele dag.
Of hoe?

Vandag is ook die 31ste laaste dag van my 100 dae blog.

Ek besef elke dag dat die storms wat so binne in my hart en kop gewoed het elke dag stiller raak nadat ek geskryf het. Dit maak plek. Dit maak plek vir mooi woorde, ander gedagtes, nuwe idees. Dis ‘n interessante plek. Ek dink nie ek was al ooit hier nie. Hier waar stilte soms net gebeur. Waar ek soms niks het om oor ‘uit te vaar’ nie. Daar was so baie van sulker storms en orkane en tsoenami’s voorheen. Waarheen het hulle verdwyn? Uit geskryf? Uit my hart en kop geskryf? Maak dit meer sin? Het ek nou antwoorde bygekry? Is ek meer vredevol?

Ja.

Hier lê nog so paar dinge op my hart, maar van hulle moet eerder uitgepraat word al is dit net in een sin. Dis wat die skrywery gedoen het. Die groot probleem met al die onnodige detail is verkort na die essensie. Een sin.

Ek is lief vir jou. Jy het my seergemaak. Ek is teleurgesteld. Ek voel onwelkom hier. Ek voel uitgesluit. Ek voel ongenooid (met ‘n uitnodiging). Ek mis jou. Ek het gehoop … Dankie vir jou (liefde, omgee, ondersteuning, verstaan). Ek voel nie dieselfde nie. Jammer, ek het jou teleurgestel / seergemaak.

Image by Merio from Pixabay

Die kaalvoetwaarheid. Niks tierlantyntjies nie. Net die hartswaarheid.

Desember.
‘n Tyd vir familie. ‘n Tyd vir liefde. ‘n Tyd vir vriendskap.
Te midde hierdie tyd van ‘n pandemie en grendeltydsake.
Laat ons verantwoordelik, verstandig en verantwoordbaar wees.

My hart is leeg van al die drama en die oordeel en die skuldgevoelens.
Hier is plek. Baie plek. Groot ruimtes.
Vir liefde. Vir geluk. Vir geloof.

My gesels sluit meer mooi woorde in.
Die dankies. Die eerlikes (soms seer). Die ondersteunendes.
Kom … praat saam.

Image by JL G from Pixabay

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s