Op ‘n dag soos vandag …

Op ‘n dag soos vandag aan die einde van so week wil ek graag huis toe kom na ‘n veilige plek waar arms my omvou en ek net ek kan wees. Waar ek my kop op ‘n bors kan neersit wat net luister na my versugting. Wat verstaan dat die alles wat ek doen en die harde eksoskelet net die weerbare binnegoed beskerm. Dat alles wat ek doen gedoen moet word soms met mag soms met drif soms met krag en met mening partykeer. En wanneer ek huis toe kom wil ek opkrul in my hoekie met my mens in stilte of ‘n geselsie … miskien so bietjie oor die dag, maar meer om mekaar te laat lag … en soms saam te huil. Ek wil nie hoef te verduidelik hoekom nie, want my hart word geken. Soveel dinge het die week gebeur en aan die einde van die dag … ek wag.

Dit was ‘n lang dag. Die moegheid spoel oor my soos kabbelende water oor ronde, gladde rivierklippies. My hart het baie te deel, maar wat my lyf soek is die veiligheid van ‘n bekende spasie waar ek net kan uitasem en ontspan. Waar woorde nie nodig is nie en die konneksie net weet.

Maar nou ja …

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s