Intimidasie.

Ons is aan die einde van die derde maand van 2021. Sjoe. Die tyd vlieg. Dit voel asof ek nog niks gedoen het hierdie jaar nie. Dit voel ek het meer in 2020 gedoen as tot op hede in 2021. Dis interessant. Ek het ‘n idee hoekom. Wat het gedoen het was intern. Binnegoeters. Die uitmekaarhaal en stadig maar seker evalueer en bymekaar sit.

Wat is besig om te gebeur? Eish …

So twee weke terug het ek ‘n gesprek met ‘n vriendin oor ‘n partikulêre situasie waarin ek myself ingewerk het. Problematies. Met liederlike gevolge. Die gesprek was interessant. Dit voel vir my onvolledig al was daar ‘n opvolg. Daar is ‘n algemene gevoel dat die afgelope jaar of twee my laat groei het in ‘n rigting waarvoor ek nog nie woorde het nie. In proses … wees genadig.

In die gesprek het my intimiderende persoonlikheid opgekom.
Ek is intimiderend.
My persoonlikheid is intimiderend.
Ek weet wat ek wil hê. Sê sy …

Ek was so bietjie uit die veld geslaan, maar ek het ook geweet waarvan sy praat. Wat sy nie geweet het nie is dat die afgelope jaar of twee my laat besef het dat dit was nie wie ek wou wees nie. Ek wou nog altyd net die ek wees wat ek altyd wou/moet of wilmoed wees. ‘n Stilsterk ek wat haar lewe wou leef oorlopens vol liefde en lag en geluk en vrede en vreugde te midde van al die uitdagings wat kom met mense en werk en die leed en hartseer en teleurstellings en alles. Die proses is seer en goed. Ek sien waarnatoe ek beweeg en soms tree ek so een of twee keer terug – soos ‘n die cha-cha dans. Die see is rof. Die gety kom in. Ek voel nie asof ek altyd kan swem nie.

Wie is ek? Wat dink ek? Wat voel ek?

Introspeksie.

Hammer. Egg. Crush or crash. Crack the egg!
Image by Steve Buissinne from Pixabay

Woorde. Praat. Skryf.
Ek het al baie gepraat in my lewe. Ek wil nie nou meer nie. Ek wil eerder skryf. Die woorde neerskryf wat ek regtig wil sê. Ek kan agterna daaroor praat. Die skryf van die woorde bring ‘n gerustheid en vrede. Veral as ek die woorde skryf wat ek nie kan sê nie … gewoonlik omdat omstandighede my nie toelaat nie. Die lewe is interessant.

Intimidasie. Ek was blykbaar intimiderend. Vir haar. Wat ek in die lyn ontmoet het by die toe Cape Tech, die nou CPUT in die jaar 2000. Ek was iemand anders toe. Dis 21 jaar gelede. Weet jy ek ken jou al 21 jaar? Ek was nou die aand uit met skoolvriendinne wat ek die jaar 30 jaar al ken. Dis ‘n leeftyd. Ek het al soveel mense verloor in die tyd. Mens verander elke keer bietjie wanneer jy moet afskeid neem van iemand. Veral as jy nie wou nie, nie ‘n keuse gehad het nie, nie kans gekry het om eens asem te haal nie.

My sekerheid van wat ek wou hê en hoe ek dinge gedoen het het mense intimideer? Was ek regtig seker daarvan of het mense net nie diep genoeg gekyk nie? Net ‘n vraag. Was ek regtig seker? Is ek nou? Ek weet nie. Ek dink nie so nie …

Jare terug het my lynbestuurder gesê ek is te besig om te trou (die woorde was: ‘… om ‘n man te kry’). Ek het nooit geweet wat sy regtig bedoel nie, ek het net gedink die persoon wat my sou kies sou dwarsdeur die besig sien en weet dat wanneer ons mekaar kies herprioritiseer ons

Intimidasie …
Intimiderend …
Is ek???

Ma dis ook okay … ek rekent ons almal groei. Ons gaan hier en daar deur ‘n smeltkroes en dan moet ons besluit in watter rigting ons daarvandaan gaan loop. Wie ons wil wees. Hoe ons wil wees. Waarheen ons wil gaan. Soms is dit nie heeltemaal moontlik soos ons dit sien nie, dan moet ons ‘n ander plan maak. ‘Watershed moment.’ Dit gebeur. Soms loop mens deur die donker dan. Wie is dan daar vir jou? Wie weet watter vrae om te vra? Hoe om te help? Hoe om uit te reik? Veral as mense dink jy is intimiderend. Kan mens dan vir hulp vra? En hoe? Weet jy hoe? Weet ek hoe? Het ek uitgereik? Wie ken my goed genoeg om ‘n hand uit te steek wanneer ek die hand nodig het? Om iets te sê wanneer Mej. Baie Praat stil is? En wanneer ek stil is … wie vra hoe dit gaan en hoekom ek stil is?

Intimiderend.

Nie ‘n woord wat my definieer nie, maar ek besef dat dit êrens vasgesit het na my lynbestuurder se kommentaar. Dan was daar ook iemand nader wat gesê het ek is te emosioneel … ek belê te veel emosies in my verhoudings … hoe anders doen mens verhoudings? Moet mens dan nie 100% teenwoordig wees nie? Maak dit my intimiderend? My toewyding … hmm …

Ek wonder nog steeds of ek intimiderend voorkom … ek vind dit interessant.

Smiley emoticon
Image by OpenClipart-Vectors from Pixabay

Doen ons genoeg om mekaar op te bou? Wat van selfbeeld? Hoe lyk joune? Hoe lyk myne? Hmmm … Wat is die beeld wat ons aan die wêreld wys / wil wys / werk om te wys? En hoekom kies ons daai spesifieke beeld? Is dit gesond? Is dit ‘n goeie langtermyn belegging? Wat het ek tot nou aan die wêreld gewys? Is dit dit wat ek nog steeds wil wys? Waarnatoe van hier af en hoe? WIe is ek? Wie wil ek wees? Hoe wil ek wees? Wat wil ek wys? Gaan die mens om my dit so sien?

Al die vrae in my kop vir ‘n moment … gewoontes is reeds in plek, dit bepaal die dinge waaraan ons gewoond is. Abstrak.

Net gedagtes.
Dinge wat deur my kop dans.
Dans.
Ek moet weer dans.
Ek voel soms geïntimideerd daar.
Maar dan … wanneer ek dans … dan loop die fontein van vreugde oor.
Ek moet dans, die note roep.

Ek intimideer jou nie. Jy sien my. Ek weet jy weet.

Kom ons dans, al kan jy nie …

Ons vind ons eie ritme.

One thought on “Intimidasie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s