Vanselfglimlaggies

Ek sit hier in Vida Café in Paarl … met ‘n Double Meia in ‘n klein koppie.

PJ Morton speel in my ore. The Piano Album. ‘n Outomatiese glimlag versprei oor my gesig. Sommer so vanself. Borrel oor my lippe sommer so van binne af. Die mense om my dink seker ek is van my trollie af. Wie sit dan so en glimlag met hulleself? En dis so lekkerte. Soms wens ek ek kan altyd die gevoelentheid in my ronddra … ‘n glimlag altyd wagtend op my lippe. Om te reg te wees vir enige tyd altyd.

Did you smile today?
Image by Kranich17 from Pixabay

Hoekom glimlag ek?

Die musiek.

Sommige musieke tokkel mos hartsnare en lekkergeite en dan smile mens sommer. Soos iets wat jou van binne kielie en met vryheid kan laat lag en lief wees.

Ken jy die gevoel? Ek ken dit. Ek vergeet soms daarvan in die donker hoekies van my siel en op donker dae en in moeilike situasies. Dan sit ek soos op ‘n dag soos hierdie en speel sommer net bietjie musiek en dan gebeur dit. Vanselwers. Hoekom het ek ophou musiek luister? Ek het dit elke dag gedoen voorheen. Ek weet wanneer dit gebeur het … ek weet ook hoekom … ek werk daaraan.

Dieselfde dinge gebeur wanneer ek salsa dans musiek luister en Kubaanse en Kaap Verdiese musiek en Spaanse kitaarmusiek en nog heel paar ander genres. ‘n Natuurlik reaksie. Dis vir my altyd so mooi.

En dit gebeur wanneer ek dans! Salsa dans! Ek is geensins ‘n supergoeie danser nie, ek geniet dit! Ek geniet die musiek, die spelery, die konneksie met wie ookal my dansmaat is. Dis lekker om te sien hoe ons en almal om ons dit geniet om te dans. En dis ekstra spesiaal wanneer die son sak en ons dans by Seepunt in die buitelug waar ons die see, sonsondergang en swembaddens kan sien (die dinge wat mens in ‘n pandemie mis en waardeer). Haal diep asem terwyl jy om jou kyk en konsentreer op danspassies en die sonsondergang en sommer net ‘n liefde vir die lewe.

Kyk ons genoeg op om die mooi te sien om ons? Om te sien hoe baba’s verken en blomme verskyn en blare van kleur verander en liefde om ons gebeur? Hoe die branders kabbel en die son opkom en sak en hoe die lug elke dag ander kleure is en die kombinasie nooit dieselfde is nie en die wolke nooit dieselfde patroon het nie? Laat die dinge jou glimlag?

Na en in die pandemie waar ons nou verkeer … met gesondheid en met lewe liefde familie en vriende … wat laat jou hart glimlag en soveel so dat dit oorloop na jou lippe toe en jy sommer so simpel lyk wanneer ander mense vir jou kyk? Jong liefde, ou liefde, mooi liefde, geheime oomblikke tussen mense wat vir mekaar lief is … romanties, familie, vriende … wetende kyke.

Ek skryf al die goed en ek raak sommer so bietjie hartseer want daar is so baie mense wat dit nie ken nie … ons elkeen verdien geluk, om dit te ken, te weet wat hulle harte laat glimlag … al is dit net bietjie.

Geluk en hartseer is so na aan mekaar. Fyn lyn wat die twee skei. Die dat trane so maklik vloei.

Liefde. Musiek. Dans.
My vanselfglimlaggies.
My hartsglimlagte.

Die lewe is mooi. Ek wens jy kon my in my oë kyk en dit sien. Vind jou vanselfglimlaggies.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s