Ongemak.

‘n Geruime tyd al loop ek met so ongemaklike gevoel van ek hoort nie. Maak nie saak waar ek is nie, dit voel ek is nie op my gemak daar nie. Die tipe gemak van my eie nessie / hoekie / veilige plekke … en ek weet daar is ‘n paar mense in my lewe wat dit weet … ek weet ook daar is ‘n paar mense na aan my wat probeer op hulle manier om my te laat voel ek hoort.
Ek sien jou. Ek weet wat jy doen en ek waardeer dit. Dankie.
Die gevoelentheid is die tipe ongemak wat my beweeg om te beweeg. ‘n Plek waar ek makliker kan in- en uitasem roep my naam. Ek weet net nog nie waar dit is nie.

hmmm …
Image by sevk from Pixabay

Asseblief. Ek is nie ondankbaar nie. Inteendeel. Die pandemie het dankbaarheid amper ‘n nuwe betekenis gegee. ‘Level up’. Sjoe. Ek dink is eintlik oorweldig van danbaarheid vir wat soms voel soos guns. En vir dit wat nog gaan gebeur wil ek nou al dankie sê. Watookal dit gaan wees.

Iemand het in my lewe gekom in die afgelope kaar of so en my soms laat voel dat daar ‘n plek is waar mense kan hoort en veilig voel en lekker lag … die plek is nie altyd ‘n plek nie, dis soms iemand. Ek het die gevoel lanklaas gevoel. ‘n Iemand waar ek veilig, geborge, gehoor gevoel … waar ek stadig en gemaklik kan asem haal en ook net stil kan wees. Intimiteit en veiligheid was in ons lank voor dit erken was. Soms wens ek ek kan dit onsê. Maar ek kan nie. Dis uit. Dit het op ore geval en dit gaan onthou word. Dit was ‘n herinnering aan iemand van jare terug … die veiligheid wat ek in oë gesien het, die geborgenheid wat ek in die aanraking gevoel het en die ongesproke intimiteit.

Ek wonder soms of die ongemak nie net selfgemaak is nie … net omdat ek nie daar wil wees nie? Weet ek waar ek wil wees? Dis makliker noudat my blou stoel en my rooi stoel staan waar ek op hulle kan sit. My wit bank waar ek op dit kan sit of lê. Elke meubelstuk het ‘n storie, ken ‘n staaltjie uit my lewe. As hulle kon praat … miskien sal hulle vertel van die lekkertes en die lagte, die liefde en die lewe, die stories en besprekings en die versugting wat hulle beleef het.

Die gevoel loop saam met my. Ek weet nie waarnatoe nie. Ek hoop dit lei my tot by …

Soms is die ongemak goed.
Dit spoor my aan tot aksie waaraan ek nie voorheen deel sou neem nie.
Doen net iets.

Ek leer nuwe dinge die week.
Dis nie juis gemaklik nie.
Ek doen soms stupid goed wanneer ek in sulke situasies is.
En dis goed.
Ek groei.
Ek dink.
Ek doen.

Dis ook tyd om totsiens te sê.

3 thoughts on “Ongemak.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s