Blompot. Blom. Diertjie. Lief. Bokkie. Hikka. Sonskyn. Sonstraal.
Ek het nog nooit regtig daarvan gehou wanneer iemand my iets anders noem as my naam nie. Ek het baie keer gevra dat my naam gebruik moet word. Asseblief.

Image by Albrecht Fietz from Pixabay
Die enigste uitsonderings is ‘Hikka‘ (‘n naam wat my Oupa / Ouma / iemand my gegee het) en dan liefdesnaampies … Ek wonder baie oor hoe ‘n mens besluit op ‘n woord wat wat ‘n noemnaam vol liefde word vir die siel vir wie mens lief is / word. Is dit ‘n gevoel? Iets wat net lekker voel. ‘n Woord wat mens vul met die warmte van liefde.
Dis so lekkerte om sulke te hoor watter name mense vir hul geliefdes kies. Soms komies, soms horribaal, soms (vir my) net lelik … meesal vol liefde, soms met ‘n tergsaak by. Ek weet nie … die toon is toonaangewend …
Kodewoorde wat sê: ‘Ek is lief vir jou.’
Woorde wat mense bind aan mekaar. Altyd. Vir ewig. Orals. Elke dag.
Soms is dit nie eers ‘n woord nie … soms is dit net ‘n toon in ‘n stem. Hoe iemand jou naam sê? Hoe iemand met jou praat? Is jy al so gewoond daaraan? Weet jy dit nog? Hoe voel jy wanneer jy dit hoor? Dit word deel van mens se leefwêreld, né?
Klein dingetjies wat geluk bring. Klein gewoontetjies. Klein gelukkies. Alles dra by tot die groot geluk.
Klompste liefde.
Inderdaad, jy vatr dit mooi saam. Liefde moet in die naam gevoel word – ek verpes byname.
LikeLike