nou die aand da ek in ‘n ry staan in ‘n bank met ‘n hoë plafon met hout dekor in so historiese gebou met al die argitektoniese tierlantyntjies avn ‘n sekere era (kan nie meer onthou nie). Dit was ‘m nooi rustige plek. Die pandemie is nog aan die gang. Almal moet op hulle kolletjie staan en wag in die lyn. Sal daar nie nou ‘n swerkater van ‘n mens hier vas teen my kom staan nie. En hoe meer ek die persoon, ‘n groot man, probeer wegstoot hoe vaster staan hy teen my en blaas hier in my nek. En net daar verloor ek dit soos ek mos nou nie in die publiek staan en doen nie … eish. Sjoe! En hoe? Ek draai na die mens toe en ek skree op hom: “F@# net verby my!!! ASSEBLIEF!!! F@# NET VERBY!!!”
My mense … ek is mos nou nie daai mens nie!!! Joe, sjoe en hoe???
Wat dink julle gebeur toe?
Die mens loop gris verby my en sommer oor verby al die mense voor my in die lyn (so 5 van hulle) en reguit na ‘n teller toe wat nie een van ons gesien het is oop nie.
Het julle al gesien hoe geblus is my vlam?
Uit-
ge-
doof.

Image by Hier und jetzt endet leider meine Reise auf Pixabay aber from Pixabay