Nog 4 weke

Oor 4 weke is dit my verjaarsdag. En in die week het meer as 2 mense my gevra wanneer ek in Mei verjaar … hulle weet darem dis in die twintigs êrens. Dis nogals bietjie snaaks. En oulik.

Daar was ‘n tyd toe ek baie gevoelig was as mense my verjaarsdag vergeet. Dit was ook ‘n tyd toe ek nog so af en toe ‘gatherings’ / partytjies gehou het vir my verjaarsdag. Gedoen het wat ander mense verwag het. Ek is nie meer gevoelig nie en ek hou ook nie meer partytjies nie. Ek is eenvoudig net nie lus nie. Ek dink daar is ander maniere om verjaarsdae te vier. Dis altyd ‘n dankbaardag vir my. ‘n Dag wanneer ek bietjie kan doen wat ek wil. Dink ek. Dit werk nie altyd so nie … of eerder dit werk nie altyd so uit nie. Dan glimlag ek ma net.

Oor 28 dae is ek 45.

Die gevoelentheid in my is ‘n vermenging van verligting, hartseer, vrede, dankbaarheid, verlange, uitbundigheid en liefde. Interessante kombinasie van goete.

4 paints
Image by André Zivic from Pixabay

Elke verjaarsdag herinner my daaraan dat ek nie ‘n Mamma gaan wees nie. Dat ek nie is saam met die mens waar ek net kan ek nie. Dat ek weer moet kom tot by die plek waar ek my uitleef in die dinge wat ek doen. Weer. Ek was daar.

Maar …

Elke verjaarsdag beklemtoon ook dat ek lief is, goeie vriende het, geliefd is, familie het, lekker kan lag, huil, groei, leer, ontwikkel, deel is van verskeie gemeenskappe, in kontak is met mense wat met my in kontak wil wees, baie geselse kan gesels, die mooi sien en beleef, en baie dinge beleef alleen en met mense.

Leef en beleef.

Balans is belangrik.

Junie lê voor my soos ‘n leë bladsy. Wagtend. Daar is dinge wat moet gebeur. En daar is dinge wat gaan gebeur. En dan is daar die dinge wat wagtend lê vir die onwetende ekke. Balans.

Wat kan ek in Junie bereik / afhandel / klaarmaak / begin? Waarnatoe kan ek groei? Wat moet ek stop?

Daar’s baie vrae in my kop gewoonlik in die weke voor my verjaarsdag. Ek vind dit nogals interessant. Sulke eksistensiële vrae en gedagtes. Baie melodrama in my kop. As mense maar net weet … hehehe! Om ouer te word …

Dis Sondag. Vir my ‘n rusdag. Dankie dag.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s