Op ‘n dag soos vandag aan die einde van so week wil ek graag huis toe kom na ‘n veilige plek waar arms my omvou en ek net ek kan wees. Waar ek my kop op ‘n bors kan neersit wat net luister na my versugting. Wat verstaan dat die alles wat ek doen en … Continue reading Op ‘n dag soos vandag …
Tag: #Afrikaans
Grootword issie lekker nie
Wragtag alweer geval. Knieë nerf af. Hart aan’t flarde. Wel ... dit was in 2020. Wat oorgebly het is ‘n sielsagte liefde wat ineen wil smelt en omvou wil word en wat wil omvou. ‘n Bietjie van ‘n hartseerliefde want die hoop was daar nou moet die soeke na die regte hart weer begin. ‘n … Continue reading Grootword issie lekker nie
4:44 VM: Binne in
Diep binne in my hart is daar 'n skuilte net vir jou. Wie weet hoe jy daarin gekom het, ingeklim het? En nou moet ek jou op 'n manier daaruit skryf. Dis die maklikste manier vir my om dit te doen. Die woorde vloei dan hou dit op dan vloei dit weer tot ek dit … Continue reading 4:44 VM: Binne in
4:44 VM: Ek het vrinne verloor
Ek lê vroeër met oge toe en dink aan iemand. En in daai oomblik besef ek dat ek in stilte ‘unfriend’ is op Facebook en ook ... wel, ja. Dit was iemand spesiaal in my lewe. Ons was goeie vriende. En hier waar ek staan weet ek wat my aandeel was. Ek laat dit daar. … Continue reading 4:44 VM: Ek het vrinne verloor
verskuiwings
Iets het verskuif. Ek weet nie wanneer nie, ek weet nie hoe of hoekom nie en ek weet ook nie presies wat nie, maar iets is anders. Iets het geëindig en ‘n nuwe iets het begin. Vaag. Iets het gesterf en iets anders is gebore. Êrens is daar hartseer en daar is ook verligting. ‘n … Continue reading verskuiwings
gehegtheid
Iemand baie na aan my het jare terug vir my gesê ek is te emosioneel. Ek belê te veel in mense, veral as ek regtig van iemand hou of in ‘n verhouding is. Ek was nogal ‘taken aback’ deur die stelling. Nie omdat ek ‘te veel’ nie ... meer omdat ek alles of niks verkies. … Continue reading gehegtheid
Families en opinies
Groot woorde die ... ek raak aan't gesels met 'n pel van my gister oor families en opinies. Ons is gebore in dieselfde plek, in dieselfde hospitaal (verskillende kleur vlerke) om en by 'n week uit mekaar. Ouers is om en by dieselfde ouderdom, dieselfde era, dieselfde kerkgenootskap, ens. Ons gesels toe bietjie oor hoe … Continue reading Families en opinies
Slykdam
('sludge pond') Ek het gisteraand 'n boodskap aan 'n pel getik en die woord slykdam gebruik. Ek weet nie wanneer laas ek die woord gebruik het nie, maar op daai oomblik voel dit toe so toepaslik. Dis die eerste keer dat ek eintlik daaraan dink dat die afgelope paar jaar gevoel het soos 'n swemsessie … Continue reading Slykdam
Naggeluide
Hoekom lê ek wakker? Hoekom dink ek aan jou? Ek hoor ook al die nag se geluide wat snoesig om my vou. Honde wat blaf. Mense wat loop in die pad en plek-plek kliphard gesels. Skreënde bande ... waantoe? Sallie wietie. Ma dit maak my boos as daai wiele so skree en enjins so ref … Continue reading Naggeluide
My Matriekafskeidpartner 1993 / 2019
1993 Ek het hom ontmoet in 1993 by die Burger se destydse Winterskool. Ek wetie hoe nie. Ek wetie wanne nie. Ek wetie. Ek weet hy was 'n vriendelike seun en vrymoedig ook met 'n stukkie gesels. En so raak ons vrinne in Winter 1993 en ons hou kontak. Daai tyd nog per landlyn en … Continue reading My Matriekafskeidpartner 1993 / 2019