Vandag het ek proteas gaan koop. Vir 'n vriendin. Dis haar verjaarsdag. Dit voel ek ken haar al vir ewig. Ek is nie seker of ek 'n tyd in my lewe onthou waarvan sy nie deel was nie. Ek is nie seker of ons mekaar ontmoet het toe ons 3 of 4 of 5 was … Continue reading 45/2021/29: Proteas vir ‘n vriendin
Tag: dankbaar
Nog 4 weke
Oor 4 weke is dit my verjaarsdag. En in die week het meer as 2 mense my gevra wanneer ek in Mei verjaar ... hulle weet darem dis in die twintigs êrens. Dis nogals bietjie snaaks. En oulik. Daar was 'n tyd toe ek baie gevoelig was as mense my verjaarsdag vergeet. Dit was ook … Continue reading Nog 4 weke
4:44 VM: In my dop
Ek voel nog die hele tyd asof daar onsigbare grense om my getrek is waardeur ek nie mag breek nie. En ek sit toe nou en dink oor die afgelope paar dae ... het ek hulle opgestel of ander mense? Intens. Want hulle voel nogals rof. En ek besef toe nou ... dis ek en … Continue reading 4:44 VM: In my dop
4:44 VM: Werkloosheid
Nee, dit het niks met die Covid 19 pandemie te doen nie. Eerder met my mentaliteit. Toe ek in 2015 wegloop van 'n werk wat my baie slaap laat verloor het, geweldige stres laat beleef het en my karakter bevraagteken het, was ek verlig. Vrede het oor my gespoel soos kabbelende, spelerige brandertjies van 'n … Continue reading 4:44 VM: Werkloosheid
4:44 VM: G’n klagtes, baie gedagtes
Dis was 'n Donderdag toe ek terugry. Die tyd was insiggewend in die plek waarvoor ek so lief is. My ander huis. My mense. Liefde woon ook hier. So baie gedagtes in my kop. So baie lyne wat kruis. Ek het een ding uitgevind, liefde het in my hart gekruip en my kop wonder of … Continue reading 4:44 VM: G’n klagtes, baie gedagtes
Mezzo Piano – Taamlik Sag
Daar is iets aan die vryheid van mens se eie plek wat onderskat word wanneer mens in mens se eie plek woon. Mens word daaraan herinner wanneer mens na jare weer in jou ouerhuis moet woon en / of jouself in ander mense se spasies vind. Gewoontes wat ek het wanneer ek op my eie … Continue reading Mezzo Piano – Taamlik Sag