Vandag het ek proteas gaan koop. Vir 'n vriendin. Dis haar verjaarsdag. Dit voel ek ken haar al vir ewig. Ek is nie seker of ek 'n tyd in my lewe onthou waarvan sy nie deel was nie. Ek is nie seker of ons mekaar ontmoet het toe ons 3 of 4 of 5 was … Continue reading 45/2021/29: Proteas vir ‘n vriendin
Tag: verjaarsdag
Nog 4 weke
Oor 4 weke is dit my verjaarsdag. En in die week het meer as 2 mense my gevra wanneer ek in Mei verjaar ... hulle weet darem dis in die twintigs êrens. Dis nogals bietjie snaaks. En oulik. Daar was 'n tyd toe ek baie gevoelig was as mense my verjaarsdag vergeet. Dit was ook … Continue reading Nog 4 weke
4:44 VM: Meisiepop
Sy verjaar vandag. 'n Hele 8. 'n Feestelik vreugde van sagtheid en vasberadenheid. Sy trippel saggies orals waar sy gaan en hou van 'n poets bak hier en daar. Soettand van formaat en liefde wat oorloop uit elke sel en wand. Sy kry so vinnig seer en hou almal heeltyd dop. Sien alles. Weet alles. … Continue reading 4:44 VM: Meisiepop
4:44 VM: Peetkind nr 4
Vandag is sy verjaarsdag. Hy was amper 2 maande te vroeg gebore. Hy moes eintlik sy verskyning in November gemaak het. Dit was 'n rowwe tyd. Dankbaar is ons. Vandag is hy 5. 'n Hele hand vol vingers. Sy partytjie was Saterdag. Hy is nie gesond nie, maag so bietjie omgekrap. Maar sy ogies het … Continue reading 4:44 VM: Peetkind nr 4