Jy

Wat doen jy?
Hoekom sê jy dit?
Kan jy onthou wat jy gesê het?
Nou sê jy dit nie meer nie.
Jy maak my kop deurmekaar en jy laar my hart vinniger klop.
Jy en jou jy-wees wese.
Wat gaan ek met jou doen?
Wat gaan ek sonder jou doen?
Wat wil ek sonder jou doen?
Wil ek enige iets sonder jou doen?
Ek wil jou nie sien nie, maar ek wil ook.
Ek wil nie van jou hoor nie, maar ek wil ook.
Dit moet stop.
Die wilgertakgevoel gevoel van waai saam met die wind.
Wetie.
En soms saam met die maan.
Nog erger.
Jy.
Bly weg.
Kom nader.
Dit was lanklaas.
Dit was goed om jou te sien.
Jare laas.
Herinneringe.
Dit het lank gevat om ontslae te raak van die gevoel.
Jy was altyd so vinnig weg, vinnig terug en dan weer die wegste weg.
Tjoepstil.
Jy.
Ek weet nie.
Want jy.
Altyd.
En nooit.
Jy.

Weeping Willow
Image by Jakub Luksch from Pixabay

5 thoughts on “Jy

      1. Alles gebeur op die regte tyd. Vir nou moet dit terugstaan. More important matters at hand. The writing helped. It is said. En nou … NEXT! Until the time comes when it falls into place … by which ever means. Maar daai tyd gaan kom. 😉

        Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s