Van lankal af.
Jy.
Jare.
Maande.
Weke.
Dae.
Ek weet nie heeltemaal hoekom nie.
Die eerlike gesprek het nooit gebeur nie.
Ek weet ook nie hoekom nie.
Lyk jy het nie die woorde om dit te sê nie.
Jy het baie woorde, net nie die regtes of direktes of eerlikes nie.
Dit lyk dis bietjie moeilik vir jou om daar uit te kom.
Maar jy bly nie weg nie.
Jy kom elke keer terug.
Hoekom?
Die waarheid die keer, asb.
Polse voel.
Ek leef nog.
Ek belowe.
Elke keer.
Binne in.
Haal asem.
Ek is hier.
Ek kyk.
Ek luister.
Wil jy iets sê?
Die ware woorde?
Vandag?
Môre?
Volgende week, maand, jare?
Ek dink die waarheid sal vir jou vrede bring.
Niks gedagtes wat meander nie.
‘n Reguit rivier.
‘n Jong rivier.
Jy.
Ek.
Ek het nooit geweet ek wag nie.
Wag vir wat?
Die waarheid.
Kyk in my oë.
Net die waarheid.
Die wag is verby.
Jy het genoeg kanse gehad.
Of miskien het jy weer bietjie tyd weg nodig.
Weg van my af.
Waar jy my nie kan sien of hoor nie.
Spasie.
Haal lekker diep asem.
Aanhouer.
Volhard.
Miskien kom die regte woorde die keer …

Image by C. Fred Alford from Pixabay
Interesting….
LikeLike
Ek hoor ook so. Ook konflik veroorsaak. Maar nou ja …
LikeLike