Mens praat mos nie van geheime nie … dis dan geheime. Dis vir my altyd oulik dat sommige kinders teen ‘n sekere ouderdom vra mens moet vir hulle geheime vertel. Ek glimlag gewoonlik en dink … ai, kinta! as jy maar net weet die geheime waarmee mense soms rondloop. Sjoe! Om so onskuldig te bly!

Image by intographics from Pixabay
Hoe swaar weeg ons geheime? Myne? Joune? Ander mense s’n? Hou myne my terug? Hoe swaar weeg dit? Verhoed dit my daarvan om vorentoe te gaan? Te leef? Of inspireer dit my om te leef? Te dink? Te waardeer?
Wat doen joune aan jou?
Gee dit jou vlerke?
Kan jy jou geheim in die gesig staar?
Daar is baie soorte geheime. Ek het nie beskrywende woorde vir almal nie. Ek weet net ek ken myne. Sommige het ek al vergeet. Dis wel interessant hoe mens dit onthou …
Geheime los vlekke op ons. Dit word deel van ons. Ons leef dit uit. Bevlek. Geheime word trauma … ons leef dit uit op een of ander manier. Dit manifesteer op ‘n manier. Hoekom is die geheim nodig? Hoe gaan dit ons lewens affekteer as dit die lig sien?
Geheime in my boodskappe.
Geheime in my woorde.
Geheime in my kop.
Geheime in my hart.
Geheime agter my besluite.
Geheime onderliggend in my aksies.
Geheime op my lyf.
Daar’s orals geheime.
Het ons deernis vir die vlekke van geheime?
Geheime vlek ons.
Hoe doen ons waarheid na dit ‘n geheim was vir so lank?
Waar is dit veilig om die geheim(e) wat vaskluister vry te laat sodat die ek kan vrykom?
Sodat ek gesien kan word soos ek moet wees.
Geen ordeel hier.
Gedagtes.
Yoh this ones deep babes … Asking real questions and pointing out the reality of scecrets. Can you stare/ look your secret in the face was it for me … fok lol
LikeLiked by 1 person
Meisiekinta … it’s a thing to be brave about. We make many decisions that stem from secrets … do we have the courage to be accountable for our secrets? Kyk diep in my oë … hier staan ek voor jou.
LikeLike
Truth 🌸
LikeLike