Wragtag alweer geval. Knieë nerf af. Hart aan’t flarde. Wel … dit was in 2020. Wat oorgebly het is ‘n sielsagte liefde wat ineen wil smelt en omvou wil word en wat wil omvou. ‘n Bietjie van ‘n hartseerliefde want die hoop was daar nou moet die soeke na die regte hart weer begin.
‘n Blom en ‘n kat. Die storie kan net ‘n sekere tyd duur, dan nie? Die kat sal speel met die nuwe speelding en dit dan onintensioneel beskadig / breek? Want kat en blom.
Die breuk was goed. Die incheck was ook goed. Die bevestiging was bietjie seer, maar ook mooi. Ek wens liefde was ‘n kiem wat ek kon dood-Dettol. Sou baie makliker gewees het.
Ek wou niemand seermaak nie. Ek wou ook nie seerkry nie. Albei het gebeur. Ek het lank gewag. Nie lank genoeg nie. Ek raak bietjie moeg. Wanneer dan?
Die kat het ‘n maat gevind. Hartverwarmend. Verblydend. Dit blom.
Die sonneblom staan alleen en blom en kyk na die son vir hulp en raad. Hart is bietjie moedeloos, soekend, seer … wanneer?
Rustyd. Haal asem. Leef in hoop.

Mens moet jou hart oopmaak vir liefde. En jy kry seer as spykerskoene daaroor hardloop. Die hele lewe is so.
LikeLike
Ek stem heelhartig saam. Dit voel net bietjie erger nou. 2020 dra natuurlik by … en dit gaan voort. Alles is ineen gevleg
LikeLike
2020 Was ‘n hanslammetjie teenoor ander jare maar my beste vriend het my pas vieslik in die rug gesteek. Daarom die grappies op my blog.
LikeLike