Ek lê vroeër met oge toe en dink aan iemand. En in daai oomblik besef ek dat ek in stilte ‘unfriend’ is op Facebook en ook … wel, ja.
Dit was iemand spesiaal in my lewe. Ons was goeie vriende. En hier waar ek staan weet ek wat my aandeel was. Ek laat dit daar.
Ek is nie meer teleurgesteld nie. Dit het jare gevat. Beweeg aan. Ek is hartseer daaroor. Ek het ook geweet daar was ‘n tydlimiet, ons beginsels sou êrens dit laat breek. Laat ek dan die blaam dra. Dis nie meer so swaar nie. Ek het ons albei vergewe.
Dis amper sy verjaarsdag. Ek hoop die liefde waarmee hy omring word is genoeg om die leemte te vul wat hy so versigtig wegsteek en met groot woorde verdedig. Dis nie sy skuld nie. Daar’s ‘n rou wond van onsekerheid. Hy was ‘n hartsmaat. En ek sal hom altyd daar hou saam met sy geheime. En ek sal sy groot hart vol liefde en passie vir sy werk altyd admireer.
Ek het baie by hom geleer. Ek het baie mense deur hom ontmoet. Ek het baie nuwe wêrelde deur hom leer ken. Akademie en kunste. Gesprekke en tale. Kosse en vrygewigheid. Platforms. Dankie daarvoor. Dankie vir jou liefde en omgee, die gesprekke en lagterye. Dankie vir die inspirasie en morivering. Ek is jammer vir die teleurstelling. Die einde.
En nou, laat my net bietjie treur.
Vriendskap. Vergifnis.
Mooi en hartseer. Ek het vanaand iets soortgelyks geskryf. Ander situasie, maar soortgelyk, sal iewers in die week publiseer, ek timmer nog daaraan. Sterkte, dit is nie lekkr om vriende te verloor nie. Nie as hulle hartsmense was nie.
LikeLike