45/2021/29: Proteas vir ‘n vriendin

Vandag het ek proteas gaan koop. Vir ‘n vriendin. Dis haar verjaarsdag. Dit voel ek ken haar al vir ewig. Ek is nie seker of ek ‘n tyd in my lewe onthou waarvan sy nie deel was nie. Ek is nie seker of ons mekaar ontmoet het toe ons 3 of 4 of 5 was nie. Ja. So lank terug. 4 dekades se ken mekaar, maatjies wees en vriendskap kies.

Sy is stil en trots. Eerlik en toegewyd. Harwerkend en ‘n absolute wenner deur elke moeilike situasie waarin sy al beland het. Sy is vol verassings en ook nie. Altyd daar. Ek dink nie ons het al ooit gestry nie. Ons verskil van menings oor dinge maar dit word nooit groot, harde woorde nie. Ek is daar vir haar soos sy vir my. Stil-stil. Dis nogal oorweldigend om te aan die leeftyd van allesse waardeur ons al saam is. Dinge waaroor ons praat wanneer ons alleen saam is, maar binne die situasie bly ons maar meesal stil … sy meer as ek. Haar opsommings is raak. Sy mors nie tyd nie.

Ek kan nie beskryf wat die vriendskap vir my beteken nie. Daar is nie genoeg woorde, geld of enige iets om dit gestand te doen nie. Sy weet seker alles van my af. Of soveel moontlik. Alles. Geen oordeel. Opinie, ja. Advies, ja. Aanbevelings, ja. Sy ken my swakhede. En my sterkpunte. Sy’s altyd daar.

Dis ‘n stilsterk vriendskap. Ek weet nie juis hoe om dit nog te beskryf nie. Ek voel altyd geëerd om saam met haar oor berge en deur dale te kan loop. Ek waardeer haar vertroue en haar liefde en haar dankies en ondersteuning, haar bemoediging, gebede en alles wat sy deel … wanneer sy kwaad of geluk is, hoog of laag, seer of oorloop van geluk, snot en trane en alles. Ek voel altyd bevoorreg wanneer ek net kan praat oor die vriendskap.

Haar kinders is eie aan my … soos familie. Familie wat mens kies. Bloed loop nie daar nie, maar die band. Ek is dankbaar. En ek besef vandag ek het nie alles vir haar gesê wat ek wou nie, maar ek hoop sy lees hier hoe ek eintlik nie woord het om te beskryf wat sy vir my beteken nie.

Al wat ek kan sê is dankie vir jou vriendskap en jou liefde en jou altyd-daar-wees.

Dankie vir jou vertroue in my. Dankie dat jy my soms dra, ek hoop ek doen dieselfde vir jou.

Groot baie dankie. Klompe liefde, vreugde en vrede.

Ek is hier. Altyd. Tjommie.

Wanneer speel ons weer tennis?

Ek hoop jy hou van jou proteas.

Tonne liefde.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s